Vrou lewenslank tronk toe ná moord op man
2010-02-18 22:35
Stilbaai - Die vrou van 'n Stilbaaise sakeman Basie Marais is deur 'n hof hier lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op haar man.
Ruby Marais is Donderdag gevonnis vir die huurmoord op mnr. Marais (56) in 2006.
Mnr. Marais is 30 m van sy huis in Stilbaai vermoor.
Een van mev. Marais se mede-beskuldigdes, Ricardo Piedt, is ook lewenslank tronk toe gestuur.
Die ander twee beskuldigdes, Hester Afrika en haar suster, Elizabeth Lawerdine, is 16 jaar tronkstraf opgelê vir hul aandeel in die moord.
– Sapa