Vrou kry epileptiese aanval agter stuurwiel
2011-04-23 20:44
Johannesburg - ‘n Vrou is Saterdagmiddag ernstig beseer toe sy ‘n epileptiese aanval gekry het terwyl sy in ‘n winkelsentrum se parkeergebied in Randburg gery het, het paramedici van Johannesburg gesê.
“Volgens ooggetuies het die vrou blykbaar ‘n aanval gehad toe sy in die parkeergebied gery het. Haar motor het skielik vinnig weggetrek en teen ‘n boom gebots,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Paramedici het haar op die toneel aangetref. Sy was in ‘n ernstige, maar stabiele toestand.
Volgens Botha is sy op die toneel gestabiliseer en toe na die Netcare Milpark-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA