Vrou, kinders sterf in brand
2012-01-31 18:34
Johannesburg – ‘n Vrou en haar twee kinders het gesterf en ‘n man is beseer toe hul huis aan die brand geslaan het in Mbitane buite KwaMaphumulo, het die owerhede in KwaZulu-Natal Dinsdag gesê.
Die polisie is Maandagmiddag ontplooi toe die huis aan die brand was, het Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid, in ‘n verklaring gesê.
Toe die polisie op die toneel aangekom het, het hulle die verkoolde lyke van die 48-jarige ma en haar twee seuns, onderskeidelik agt en vyf jaar oud, gevind. Die beseerde man is na die Umphumulu-hospitaal geneem, het hy gesê.
“Ek is geskok om te hoor dat mense op hierdie traumatiese wyse dood is. Die polisie sal hard werk om hierdie saak op te los,” het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA