Vrou, kind sterf in botsing
2011-10-31 17:58
Johannesburg – ‘n Vrou en ‘n kind het gesterf toe ‘n vragmotor Maandag op die N2 naby Humansdorp teen ‘n bakkie gebots het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die ongeluk het omstreeks 02:00 tussen die Sunnyside- en die Loerie-afrit gebeur, het lt. kol. Priscilla Naidu gesê.
Veertien mense, insluitende die vrou (38) en die kind (7), was in die bakkie.
‘n Vragmotor van 14 ton het teen die agterkant van die bakkie gebots. Die vrou en die kind is op die toneel dood.
Die 14 ander mense wat in die bakkie gereis het, insluitende die bestuurder, het beserings opgedoen en is in ‘n hospitaal opgeneem.
Die vragmotor het omgeslaan, maar die bestuurder is nie beseer nie.
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA