Vrou keelaf gesny, 4 erg aangerand

2009-10-02 06:43
Tweets Share Share line Print

Aletta Otto

Middelburg (Mpumalanga). – Die polisie is intensief besig met ’n soektog na ’n man wat ’n vrou keelaf gesny en nog vier ander vroue aangerand het in die myndorpie Koornfontein.

Maria Sibeko (48) is dood nadat al die slagare in haar keel afgesny is in ’n 4cm lange sny wat van die linkerkant van haar nek tot bo haar regterbors strek.

Sy is vermoedelik met ’n broodmes vermoor.

Haar aanvaller het Evette van Rensburg (17) met vermoedelik dieselfde mes in die nek gesteek. Hy het Rika Pretorius (39) en haar dogter, Kimberley Pearce (15) asook Maria Terblanche (65), Preto-rius se ma, ook aangeval.

Pretorius is met ’n onbekende voorwerp tussen die nek en skouer in die rug gesteek.

Insp. Johan van Vuuren, ondersoekbeampte van die Blinkpan-polisiekantoor, het gesê die aanvaller is vermoedelik ’n Mosambiekse immigrant wat aan sy slagoffers as Nando bekend is. Hy het teëlwerk aan ’n buitekamer by Pretorius se huis gedoen en het al voorheen bouwerk by Evette se ouerhuis gedoen.

Pretorius en Terblanche was omstreeks 14:00 besig om koffie in die huis te drink. Nando het Pretorius glo kom roep om na iets in die buitekamer te kyk. Hy het haar na bewering op die vloer neergegooi en met sy knie vasgedruk. Hy het haar glo in die stoeiery wat gevolg het in die rug gesteek.

Terblanche het Pretorius te hulp gesnel toe sy die geskreeu hoor. Nando het haar glo aan die bors gegryp, maar gelos toe sy in die rigting van die huis se agterdeur gehardloop het na waar Kimberley gestaan het. Hy het glo daarna op Pretorius en Kimberley afgestorm.

“Kimberley het die man met die yskasdeur geslaan en hy het by die erf uitgehardloop,” het Van Vuuren gesê.

Nando is daarna na Evette se huis.

Evette het aan Beeld vertel sy is in haar slaapkamer vasgekeer.

Sy kon tot by haar deur kom waar die aanvaller haar met die broodmes in die nek gesteek het.

“Die mes het uitgetrek soos wat ek grond toe neergesak het. Hy het gevlug. Ek het my selfoon gegryp en by die voordeur uitgehardloop. Ek het heeltyd geskree: ‘Help my!’ terwyl ek my kêrel probeer bel het.”

Haar kêrel, Mark du Preez (21), het oomblikke later toevallig daar aangekom en met haar na die kliniek in Koornfontein gejaag.

Die aanvaller het intussen na die buitekamer gehardloop waar Sibeko gestaan en stryk het en haar vermoor.

Evette is eergisteraand geopereer. Sy behoort vandag uit die Life Health Cosmos-hospitaal in Witbank ontslaan te word.

“Ek ruik hom die heeltyd aan my. Dit is so ’n mengsel van dagga en drank,” het sy vertel.

Haar ouers, Steve en Corrie Smit, is erg geskok.

“My arme kind. En my huiswerker, hoekom het hy haar vermoor en so wreed? Sy werk al 25 jaar vir my. My hart is verskriklik seer,” het mev. Smit gesê.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.