Vrou in tehuis vermoor

2010-11-22 06:23
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - ’n Inwoner van ’n tehuis vir bejaardes in Durbanville is Sondag verwurg in haar woonplek aangetref.

’n Berader moes ontbied word om mede-inwoners te ondersteun wat hewig ontsteld is oor die moord.

’n Verpleegster het Sondagmiddag afgekom op die lyk van Cornelia Kilian, 84, wat in ’n wooneenheid by Huis Aristea in Queenstraat gewoon het. Die tehuis is oorkant die Hoërskool Durbanville geleë.

“Die verpleegster het gesien dat die diefwering voor ’n oop venster verwyder is,” het sers. BerniceLaäs-Bezuidenhout, woordvoerder van die Durbanville-polisie, gesê. Die inhoud van Kilian se huis was omgedolwe en deurmekaar. Dit was Sondag nog onseker of iets gesteel is.

Kilian is vermoedelik tussen Saterdag 22:30 en gister 12:00 vermoor. Sy is Saterdagaand vroeg nog gesien. Sy het alleen gewoon.

Kilian word oorleef deur twee dogters. Een woon in die Kaap en die ander in die Oos-Kaap.

Geskokte inwoners is Sondagmiddag byeengeroep om hulle oor die voorval in te lig. Met Die Burger se besoek het ’n polisieberader hulle toegespreek en vrae beantwoord. Daar is voorgestel dat diegene wat die tehuis vir ’n rukkie wil verlaat, dit doen. Hulle is aangeraai om na hul kinders of familie te gaan.

“Die berader het baie mooi met die inwoners gepraat. Hulle voel definitief nou beter en meer gerus oor die voorval,” het Willem Agenbag, die bestuurder van Huis Aristea, aan Die Burger gesê.

Die tehuis het goeie sekuriteit en verskeie kennisgewings by die voordeur asook op die terrein en in die gebou waarsku mense dat die gebied 24 uur per dag deur kringtelevisie-kameras dopgehou word.

Agenbag het gesê dit sluit nie die wooneenhede langs die gebou in waar Kilian gewoon het nie.

“Ons wil graag ons sekuriteitstelsel uitbrei en dit by die wooneenhede asook die siekeboeg aanbring. Ons het tans eintlik ’n baie goeie sekuriteitstelsel. Ons sal dit nou na dié voorval weer hersien.”

Laäs-Bezuidenhout het gesê dit is nog onseker waarmee Kilian verwurg is.

“Dit is nog moeilik om te sê hoeveel verdagtes betrokke is. Ons weet ook nog nie hoe die verdagte(s) toegang tot die kompleks gekry het nie. Niemand het enigiets gesien nie.”

- Die Burger

Lees meer oor: moorde  |  misdaad  |  bejaardes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.