Vrou in kombuis verwurg
2010-01-31 16:38
Durban – ‘n Vrou van KwaZulu-Natal is Sondag in haar huis in Westville verwurg, sê polisie.
“Ntombizonke Cele is op haar kombuisvloer gevind. Sy is deur onbekende aanvallers verwurg,” het Supt. Vincent Mdunge gesê.
Volgens Mdunge was Cele (59) die adjunk-direkteur van ontwikkeling by die departement van onderwys.
“Ons vermoed dat sy haar kombuisdeur oopgemaak het om haar wasgoed op te hang toe die verdagtes haar aangeval het,” het Mdunge gesê.
Cele se hande is vasgebind en sy is in die kombuis verwurg. Die aanvallers het haar 10-jarige dogter niks aangedoen nie en in haar voertuig gevlug.
- Sapa