Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Vrou in hotelkamer verkrag

2011-11-21 11:08
Tweets Share Share line Print

Durban – 'n Vrou is in haar kamer by die Blue Marlin-hotel in Durban aangeval nadat sy deur vyf mans beroof is, berig The Witness.

Die aanval op dié vrou het vyf ure ná 'n voorval by 'n ander hotel in die gebied plaasgevind.

Die vrou is omstreeks 04:00 Vrydagoggend in haar kamer by die Blue Marlin-hotel aangeval.

"Die 30-jarige vrou het geslaap en is wakker gemaak deur 'n man wat deur die badkamervenster geklim het," het lt.kol. Zandra Wiid, polisiewoordvoerder, gesê.

Die inbreker het toe die kamerdeur oopgemaak en sy vier makkers ingelaat. Hulle het toe die slagoffer se selfoon, kontant en bankkaart geëis.

"Vier mans het na die OTM gegaan en die ander man het by die slagoffer in die hotelkamer gebly. Hy het haar toe verkrag," het Wiid gesê.

Die Blue Marlin-hotel sê hy het 24-uur sekuriteit op die perseel.

Malthee Singh, hotelbestuurder, het gesê sy kan nie bevestig hoe die mans toegang tot die hotel verkry het nie.

"Daar word beweer dat hulle in die hotel was, so ek kan nie nou daarop kommentaar lewer nie."

In die tweede voorval het 'n 31-jarige vrou en haar vyfjarige seun van Braamfontein in Johannesburg in hul kamer by die Cutty Sark-hotel geslaap toe 'n groep mans in die kamer kom. Dié hotel is 2 km ver van die Blue Marlin-hotel.

Wiid het gesê die vrou het aan die slaap geraak terwyl sy TV gekyk het.

"Sy het omstreeks 23:00 Donderdagaand wakker geskrik en die mans in haar kamer gevind."

Die mans het haar selfoon, bankkaart en kontant gesteel en gevlug.

"Gelukkig is sy en die kind nie tydens die rooftog seergemaak nie," het Wiid gesê.

Die vrou het haar bank se hulplyn gebel om die kaart te stop.

"Daar is aan die vrou gesê 'n poging is gemaak om geld uit haar rekening te onttrek, maar gelukkig het die transaksie nie deurgegaan nie."

Die polisie het tydens die ondersoek vasgestel dat die groep mans eers 'n sekuriteitswag by die hotel se hoofhek aangehou het en daarna 'n ontvangsdame en 'n kelnerin.

Peter Renwick, hotelbestuurder, het gesê in die stadium is die besonderhede oor die voorval nie duidelik nie.

"Die polisie ondersoek die saak en dit lyk asof daar dieselfde tyd 'n paar voorvalle in die gebied was. Gelukkig is niemand beseer nie, maar ons personeel en gaste is getraumatiseer."

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: misdaad  |  rooftogte  |  verkragtings
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jan van der Merwe sê... Die anc is reg hy hoef nie te antwoord nie want almal weet reeds van sy verbintenis met die guptas, ewe skelm en agteraf! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.