Vrou het seun se liggaam in sak gedra
2010-02-02 15:48
Kaapstad – ‘n Maatskaplike werker het in die Kaapstadse hooggeregshof getuig hoe ‘n vrou vir ure met die liggaam van ‘n driejarige seuntjie deur die strate van Philippi geloop het, op soek na ‘n plek om dit te stort.
Dít was die getuienis wat ‘n maatskaplike werker gelewer het tydens die verhoor van Cynthia Buyiselwa en ‘n Angolese vlugteling, Angelino Kasanda, wat van die moord op Kasanda se seun, Adilson aangekla is.
Adilson het gesterf weens veelvuldige beserings nadat hy met ‘n ysterstok geslaan was.
Vir die volledige storie, besoek Cape Times