Vrou glo deur mediese naald in steen gesteek

2010-01-20 08:15
Tweets Share Share line Print

Molly Green

Welkom – Gebruikte mediese naalde in bakstene van Maximus Bricks, een van die onwettige stortingsterreine vir mediese afval in Welkom, het daartoe gelei dat ’n vrou nou mediese behandeling moet kry nadat sy in een van dié naalde getrap het.

Marietjie de Wet moet inspuitings teen hepatitis B en tetanis kry. De Wet en haar man, Basie, oorweeg ’n eis teen Maximus Bricks en die eienaar, Gavin Brasher.

Brasher het reeds aanspreeklikheid aanvaar vir die storting van tonne mediese afval by Maximus Bricks, die skouterrein in die stad en by ’n wildplaas en uitgewerkte goudmyn hier.

Die drama het begin toe De Wet (29) van Handlestraat 7, Riebeeckstad, by haar swembad in ’n naald getrap het. Die plaveiselstene wat by Maximus gekoop is, het begin verbrokkel. Toe van die bakstene oopgekap is, is nog naalde gevind. Haar prokureur, me. Karen Preller van die prokureursfirma Preller Ingelyf, sê sy sal vir drie maande voorkomende inspuitings moet kry.

Haar dogtertjie Rhonë se vyfde verjaardag is ’n later by die swembad gehou. As voorsorgmaatreël dat van die kinders nie ook in naalde trap nie, het De Wet ’n laken oor die plaveisel getrek om vas te stel of daar nie gevaarlike naalde uitsteek nie. Drie van die stene wat oopgebreek is, het naalde in.

Die De Wets oorweeg dit om ’n eis in stel vir die swak gehalte van die stene en vir mediese koste.

Hannes Peyper, wat namens Brasher van Maximus Bricks optree, sê hulle sal aanvoer dat daar geen naalde in dié maatskappy se bakstene is nie. “Naalde kan nie die steenmaakproses oorleef nie.”

Tonne mediese afval is in Desember 2009 op verskillende plekke in en om Welkom gevind.

Brasher het verantwoordelikheid aanvaar vir die storting van die afval van die maatskappy Wasteman. Hy het erken dat hy die storting teen betaling gedoen het. Hy is nog nie formeel deur die Groen Skerpioene aangekla nie.

Opruiming van die stortingsterreine behoort binnekort te begin.

- Volksblad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.