Vrou geskiet in aanval op plaas

2011-11-23 08:03
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch – Die erg gewonde slagoffer van nóg ’n plaasaanval in die Wes-Kaap is Maandagaand in ’n bloeddeurdrenkte plaashuis buite Grabouw gevind.

Dit is die tweede plaasaanval in vier dae in die provinsie.

Shirleen Booysen (59) is Maandagaand op die plaas Blauwkrans gevind waar sy met vasgemaakte hande en ’n swart gordel om haar nek in die huis gelê het.

Ao. November Filander, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Booysen het twee skietwonde opgedoen – aan haar voorkop en haar regterarm. Sy is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Die Grabouw-polisie het omstreeks 21:00 ’n oproep oor die voorval ontvang en hulle na die toneel gehaas, het Filander gesê.

Ene mnr. Mohr het die polisie oor die aanval op Booysen ingelig met hul aankoms.

Volgens Mohr het die slagoffer se dogter hom gebel toe sy bekommerd geraak het nadat haar ma nie haar oproepe beantwoord het nie.

“Mohr het die huis binnegegaan deur die kombuisdeur wat wawyd oop gestaan het. Hy het die vasgemaakte slagoffer in die bloeddeurdrenkte huis gevind en die polisie en ambulansdienste ontbied,” het Filander gesê.

Geld word uit Booysen se handsak vermis. Daar is geen teken van gedwonge toegang tot die huis nie, het die polisie gesê. ’n Saak van roof en poging tot moord word ondersoek. Niemand is tot dusver aangekeer nie.

Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, het gesê hulle sukkel sedert Junie om ’n vergadering met lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiekommissaris, te kry om die inwerkingstelling van die na­sionale landelike veiligheidsplan te bespreek.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: misdaad  |  plaasaanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.