Vrou gekaap, verkrag
2010-02-02 22:55
Johannesburg – ‘n Vrou is na bewering deur drie mans gekaap en verkrag in Soweto, het metropolisie van Johannesburg Dinsdag gesê.
“Die metropolisie het ‘n swart BMW gevind nadat dit rondom 16:30 in Naledi gekaap is,” het hoof supt. Wayne Minnaar gesê.
Die motor is 17:30 in die bosse in Rockville, ‘n deel van die informele nedersetting, gevind.
Die vrou het aan die polisie gesê dat die kapers haar in die bosse ingeneem en haar herhaaldelik verkrag het.
Sy het dit reggekry om te ontsnap en het haar man gebel.
Die drie mans, waarvan twee gewapen was, het in ‘n wit Volkswagen Polo van die toneel gevlug.
Polisie het ‘n soektog geloods om die mans op te spoor. Enigeen met meer inligting kan die polisie kontak by 08600 10111.
- Sapa