Vrou ernstig beseer ná hond haar aanval

2011-10-25 15:33
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Vrou het ernstige beserings opgedoen nadat ‘n hond haar glo in die Johannesburgse voorstad Kensington aangeval het, het paramedici gesê.

Die vrou het Dinsdagoggend in Clactonweg gestap toe die groot hond haar na bewering aangeval het, het Vanessa Jackson, ‘n woordvoerder vir ER24, in ‘n verklaring gesê.

Jackson sê die hond het op haar gespring en haar linkerskouer gebyt.

Die vrou het op die grond geval en die hond het haar na bewering ‘n kort afstand gesleep voordat die dier haar weer op haar been gebyt het, het Jackson vertel.

Die vrou, wat in haar laat 40’s is, moes onmiddellik behandel word toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Jackson sê die vrou was in baie pyn en haar kuit het aansienlike snye en skeure gehad. Daarna is die vrou na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Volgens die hond se eienaar is dit die eerste keer dat die troeteldier ‘n mens aanval. Die eienaar het bygevoeg dat ‘n groep kinders op ‘n gereelde basis verbyloop en die hond terg.

Jackson sê dis onbekend wat met die hond gaan gebeur. Sy sê die nodige ondersoeke sal gedoen word.

Volg Nuus24 op Twitter

- Nuus24

Lees meer oor: aanvalle deur diere  |  honde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.