Vrou ernstig beseer in motorongeluk
2010-07-23 17:01
Kaapstad – ‘n Vrou is ernstig beseer nadat sy op die R21 by die Olifantsfontein-afrit beheer oor haar motor verloor het.
Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het die ongeluk Vrydagmiddag omstreeks 13:00 op die R21 gebeur.
Met die paramedici se aankoms op die toneel het hulle die vrou langs haar motor aangetref. Sy is eers op die toneel gestabiliseer voordat sy na ‘n hospitaal geneem is.
- Netcare911
- Volg Nuus24 op Twitter.