Vrou en kinders moor pa
2011-07-27 22:57
Johannesburg – ‘n Vrou en haar kinders word daarvan beskuldig
dat hulle haar man vermoor en sy oorskot op die erf van hul familiehuis begrawe het.
Die vrou, haar twee seuns en haar dogter het Woensdag in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn.
Die saak is tot die 4de Augustus uitgestel
wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.
Die oorskot van Abram Moema, ‘n afgetrede dosent, is in Junie onder ‘n hoop sand en bakstene in die hoek
van hul erf gevind.
Martha Moema en haar twee seuns, Kgopotso (26)
en Moemi (21), is dieselfde dag in hegtenis geneem.
Moema se dogter, Motlhohi (35), is Maandag in
hegtenis geneem ná haar ma en broers beweer het sy was betrokke by die moord.
Die vier familielede het Abram Moema na bewering in
April vermoor.
Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA