Vrou en haar minnaar vas vir moord

2011-12-29 08:43
Tweets Share Share line Print

Durban. – ’n Vrou en haar minnaar is aan die KwaZulu-Natalse suidkus aangekeer enkele ure nadat hulle haar man, ’n polisiekonstabel, glo in sy slaapkamer vermoor het.

Hulle het hom toe in sy motor gesit sodat dit sou lyk of hy verongeluk het.


Die lyk van die 34-jarige konstabel van die Ezinqoleni-polisiekantoor is eergister in die vroeë oggendure in sy motor langs ’n pad in dié township naby Margate gevind.

Volgens lt.kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het die motor van die pad geloop en teen ’n reling gebots.

Die polisiebeamptes wat die vermeende ongelukstoneel ondersoek het, het egter lont geruik omdat die motor se enjin afgeskakel was en daar geen remmerke was nie.

Die skade aan die motor was ook nie van so ’n aard dat dit die konstabel se ernstige kopbeserings sou verklaar nie.

Die konstabel en sy vervreemde 26-jarige vrou het ’n stormagtige huwelik gehad en het elk ’n hofbevel teen die ander bekom weens huishoudelike geweld, het Mdunge gesê.

Die konstabel het sy vrou van ’n buite-egtelike verhouding verdink.

Hy is Dinsdag laas lewend gesien toe sy vrou en haar minnaar hom glo agtervolg en hom saam met ’n ander vrou gesien het.

Die konstabel se vrou het daaroor met hom rusie gemaak.

Polisiebeamptes het haar ondervra omdat sy een van die laaste mense was saam met wie hy lewend gesien is, het Mdunge gesê.

Dit het daarna na bewering aan die lig gekom dat die konstabel in sy slaapkamer met ’n stomp voorwerp toegetakel en in die nek en agterkop gesteek is.

Die twee verskyn eersdaags in die landdroshof in Margate op aanklag van moord.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.