Vrou, drie kinders sterf in brand
2011-10-28 18:00
Oos-Kaap – Drie kinders en 'n vrou is dood nadat 'n plakkershut in die Sisulu informele nedersetting in Mdantsane aan die brand geslaan het, het die polisie Vrydag gesê.
Die brand het omstreeks 21:30 Donderdagaand uitgebreek, het kapt. Mluleki Mbi gesê.
'n Eenjarige babameisie, 'n negejarige meisie en driejarige seun was ten tyde van die brand saam met 'n 32-jarige vrou in die plakkershut.
Inwoners het emmers water gebruik om die brand te blus, maar die plakkershut is heeltemal verwoes te hulle uiteindelik die brand geblus het.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA