Vrou doodgesteek ná stryery by sjebien
2011-11-24 16:15
Oos-Kaap – 'n Vrou is doodgesteek by 'n sjebien in die Ngangelizwe-township, Mthatha, het die polisie in die Oos-Kaap Donderdag gesê.
Die 41-jarige vrou en 'n 51-jarige man het omstreeks 21:30 Woensdagaand by die sjebien in Lusasastraat gestry, het lt.kol. Mzukisi Fatyela gesê.
Die man, wat glo die vrou geken het, het haar toe na bewering doodgesteek. Hy is kort ná die voorval in hegtenis geneem.
Die polisie ondersoek 'n saak van moord en die man sal binnekort in die Mthatha-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA