Vrou dood ná motor rol
2009-12-03 15:42
Johannesburg - 'n Vrou is dood en 'n man is ernstig beseer toe die bestuurder van die bakkie waarin hulle gereis het, beheer oor die voertuig verloor het.
Die ongeluk het op die M7 naby Pinetown in KwaZulu-Natal plaasgevind.
"Die motor het voor die aankomende verkeer gerol. Die vrou is op die toneel dood en die man is na 'n hospitaal geneem vir verdere behandeling," het Jeff Wicks, 'n woordvoerder van Netcare, gesê.
Dit is nie bekend wie die bakkie bestuur het nie.
– Sapa