Vrou dood in Grahamstad-huis gevind
2011-11-20 14:57
Johannesburg – ‘n Vrou is in ‘n huis in Grahamstad dood aangetref, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Kapt. Mali Govender sê die polisie vermoed dat die vrou deur die 37-jarige eienaar van die huis doodgesteek is, maar wag nog vir die resultate van haar nadoodse ondersoek.
Govender sê die man het na bewering sy bank aan die brand gesteek voordat hy die huis verlaat het.
Sy sê die bure het na die huis gekom nadat hulle Sondagoggend omstreeks 04:00 rook gesien het.
“Nadat hulle die brand geblus het, het hulle die lyk van die slagoffer (19) op ‘n bed gevind,” het Govender vertel.
Volgens ooggetuies was die man en vrou Saterdagaand by ‘n sjebien.
Die polisie is steeds op soek na die man.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA