Vrou deur vragmotor getref
2010-09-04 15:30
Kaapstad – ‘n 35-jarige vrou is in ‘n kritieke toestand nadat sy Saterdag in Meyerton deur ‘n vragmotor getref is, het die paramedici van ER24 gesê.
Volgens Vanessa Jackson, ‘n woordvoerder, het die vrou verskeie breuke opgedoen.
Daar word beweer dat sy in Johan le Roux-straat gehardloop het nadat sy en haar man geargumenteer het.
Die vragmotor kon nie uitswaai nie, en het die vrou getref.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA