Vrou deur trein doodgery, baba oorleef
2012-02-07 21:55
Johannesburg – ‘n Vrou het Dinsdag gesterf nadat sy deur ‘n trein getref is in Edendale, Pietermaritzburg, het paramedici gesê.
Haar tweejarige baba het “wonderbaarlik geen beserings opgedoen nie”, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gseê.
Volgens hom ondersoek die polisie nou hoe die vrou voor die trein beland het. Die baba is na ‘n plek van veiligheid geneem.
- In Eersterivier buite Kaapstad is ‘n vrou en haar twee kinders Dinsdag dood toe hulle voor ‘n aankomende trein gestaan het, het Metrorail gesê.
“Hulle het reg in die middel van die spoor gestaan en ons vermoed dit was dalk selfmoord,” het Lindelo Matya, streeksbestuurder, gesê.
“Dit is verdag dat dit om 05:00 gebeur het, wanneer dit effens donker is, in ‘n gebied waar mense nie gewoonlik die spoor oorsteek nie.”
Die polisie stel ondersoek in.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA