Vrou deur stiefpa verkrag
2010-09-26 14:50
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy stiefdogter in Eersterust, Pretoria verkrag het, het die Gautengse polisie Sondag gesê.
“Die verkragting het Saterdagaand gebeur. Die man, in sy vroeë vyftigs, is Sondagoggend gearresteer,” het konst. Sam Shibambo gesê.
Die meisie is in haar vroeë twintigs.
“Daar was ooggetuies wat gesien het hoe die stiefpa die meisie verkrag.”
Die man sal binnekort in die hof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA