Vrou deur drie mans verkrag
2011-09-02 14:03
Johannesburg – Twee mans is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vrou in Zondi, Soweto, verkrag het, het die polisie gesê.
Die twee mans is middernag in hegtenis geneem, het ao. Kay Makhubela gesê.
Die 19-jarige vrou het Donderdagaand van ‘n vriend se huis gestap toe drie mans haar gegryp en na ‘n huis in Zondi geneem het.
Sy is deur die drie mans verkrag en is na die tyd beveel om weg te gaan.
Sy het die saak by die polisie gaan aanmeld en het hulle na die huis gelei waar die mans haar verkrag het.
Slegs twee van die vermeende verkragters was by die huis.
Die polisie is steeds op soek na die derde beskuldigde.
Die twee verdagtes sal Maandag in die Protea-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA