Vrou by lughawe met kokaïne betrap
2011-09-22 17:58
Kaapstad – ‘n Vrou is Donderdag in Kaapstad in hegtenis geneem vir die besit van kokaïne met ‘n geskatte straatwaarde van sowat R800 000, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.
Die 32-jarige vrou het senuagtig voorgekom nadat sy Donderdagoggend by die stad se internasionale lughawe geland het. Dit het beamptes genoop om haar bagasie te deursoek, het kapt. Frederick van Wyk gesê.
Hulle het 3 kg kokaïne, wat in plastiekbottels versteek was, in haar tas gevind. Die vrou, wat van Soweto in Gauteng gereis het, sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Bellville verskyn op aanklag van dwelmhandel.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA