Vrou brand los – huisrower sterf

2010-08-07 08:01
Tweets Share Share line Print

Mev. Ronell Mentz (58), ’n kliniese sielkundige, vertel hoe sy gisteroggend ’n huisrower in haar huis betrap en hom geskiet het. Die rower het kort daarna beswyk. Foto: Retha Ferguson

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Beeld

’n Huisrower is dood nadat ’n sielkundige van Menlopark, Pretoria, hom in haar huis betrap en raak geskiet het.

Die gewonde rower het egter voor sy dood eers deur mev. Ronell Mentz (58), ’n kliniese sielkundige, se tuin gestrompel, oor die muur geklim en in die buurman se swembad geval.

Lede van die Brooklyn-polisiekantoor wat binne minute op die toneel was, het die rower uit die swembad gered, maar hy het oomblikke later in die ambulans beswyk.

“Ek dink nie ek is ’n heldin nie,” het Mentz gesê.

“Dis nie ek wat so oulik of so dapper was nie. Daar is Iemand wat na my gekyk het. Ek was net gelukkig.”

Mentz het gisteroggend 01:30 wakker geword van haar hond, Gina, wat grom.

Sy het die lig aangeskakel en kon aan haar hond se gedrag sien dat iets fout is.

Mentz het haar kamerdeur oopgemaak. ’n Paar meter van haar af het sy ’n man met ’n flits gesien.

“Hy het aan my geskree: ‘I will shoot you’,” het Mentz gesê.

“Ek is nie seker wat ek aan hom teruggeskree het nie, maar ek is terug kamer toe waar ek my rewolwer uit my kluis gaan haal het.

“Terug in die huis in het ek twee figure in die gang gesien. Toe begin ek skiet.

“Ná die vierde skoot het ek besef ek moet padgee, want ek het nog net een patroon in die wapen oor.

“Ek het na my dogter se kamer toe gehardloop en aan haar gesê om die polisie te bel.”

Mentz se dogter, Marina (32), het die Brooklyn-polisiekantoor gebel en ’n “mag polisiemanne” was binne minute by hul huis.

Die polisie het die huis deursoek.

Buite het klere, wat die rowers gebuit het, in ’n streep gelê wat na die buurman se muur gelei het.

Ná verdere ondersoek het die polisie een rower in die buurman se swembad gekry. Hulle het hom gered, maar hy is kort daarna in die ambulans dood.

Brig. André Wiese, stasiebevelvoerder van die Brooklyn-polisiekantoor, het gesê ’n tweede rower is nog op vrye voete.

Volgens Wiese het die polisie ook een van die rowers se vuurwapens in Mentz se tuin gekry.

“Ons het absolute lof vir die polisie. Hulle was vinnig hier en het professioneel, ondersteunend, met empatie en met begrip opgetree,” het Mentz gesê.

’n Huisroof word ondersoek.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: inbraak  |  rowers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.