Vrou bewe toe sy 'duiwel' Kotzé in oë kyk

2012-01-13 07:46
Tweets Share Share line Print

Surinda du Preez voor die kafee in Boshoffstraat in Modimolle waar sy Dinsdagaand Johan Kotzé (50) gesien het. Foto: Rudzani Tshikororo

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Modimolle – “Dit het gevoel of ek die duiwel sien.”

Só vertel Surinda du Preez nadat sy Dinsdagaand vir Johan Kotzé (50) by ’n kafee in Modimolle (Nylstroom) gesien het.

“Ek het so gebewe toe ek hom sien. Ek kon in sy oë sien dat hy weet ek het hom herken,” het Du Preez gesê.

Sy het omstreeks 20:00 in die boomryke Boshoffstraat met haar twee jong seuns gery om hulle “aan die slaap te sus”.

“Ons was almal maar op die uitkyk vir ’n wit (Toyota) Fortuner. Ek kon dit skaars glo toe ek die voertuig naby die kafee sien.”

Die wit Toyota Fortuner (DCS 392 FS) was ver van die kafee in swak lig geparkeer. Du Preez het voor die Duggans Supermark se deur stilgehou. “Ek het by die deur ingekyk en toe kyk hy vir my. Hy was besig om te betaal.”

Kotzé het twee 5 liter bottels water, blikkies boeliebief en Energade gekoop. “Ek het dadelik begin agteruit ry en reguit huis toe gejaag.” Du Preez bly sowat ’n blok vanaf die kafee.

Sy het vir ’n polisielid wat daar naby bly dadelik gesê sy het Kotzé gesien.

“Hulle wou my eers nie glo nie en het aanhou vra of ek seker is. Ek het vir hulle gesê ek lees elke dag koerant en weet hoe lyk die man.”

Du Preez se man, Anton, en sy broer, Werner, het in hul Toyota Land Cruiser in die rigting van die Drie Hekke-hoewes, waar Kotzé geskuil het, gejaag. “Daar is baie viertrek-roetes daar en my man het vermoed hy is dalk in daai rigting.

“Hulle het in die veld groot geword en ken die gebied. Hulle het die merke van die Fortuner se wiele op die grondpad gesien,” het mev. Du Preez gesê.

Die twee mans het ’n plek in die ruigte gesien waar voertuigspore in is. “Toe sien hulle hoe die binne-liggie van die Fortuner aangaan.” Hulle het die polisie gebel. Die polisie was binne enkele minute daar. Kotzé het met die Fortuner teen ’n doringboom vasgejaag. Die windskerm van die motor is gekraak.

“My man en swaer wou in die veld in ry op soek na hom, maar die polisie het gesê hulle moenie, want hy is gevaarlik en kan goed skiet.”

Kotzé het toe te voet gevlug. Dit is steeds ’n raaisel waar hy Dinsdagnag deurgebring het. “Dit is so arrogant van hom om met sy motor met die FS-registrasienommer, waarna almal soek, in te ry dorp toe,” het Du Preez gesê.

Volgens du Preez het ’n werker by die kafee gesê Kotzé het Sondagaand ook water en boeliebief daar gekoop.

In die Fortuner was twee grys komberse op die agtersitplek. Daar was ook ’n R10-noot en ’n paar los muntstukke voor in die motor. ’n Paar veldskoene, leë koeldrankhouers en ’n gasbottel was agter in die voertuig. ’n Skryfblok het op die passiersitplek gelê. Kotzé het hierin glo dagboek gehou.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: johan kotzé

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 64,995.00

BMW

X6 xDRIVE40d SPORT
2010
R 675,990.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2008
R 134,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.