Vrou beswyk ná taxi haar tref
2009-11-13 15:43
Durban - 'n Vrou is dood nadat sy deur 'n taxi in Phoenix, Durban, omgestamp is. Sy het op die toneel aan haar beserings beswyk.
"Paramedici het die pasiënt op die kant van Westhamweg gevind. Sy het op die toneel aan haar beserings beswyk," het Derrick Banks, 'n woordvoerder vir ER24, gesê.
Die taxibestuurder en sy assistent is nie beseer nie. Daar was geen ander insittendes in die voertuig nie.
– Sapa