Vrou val 20 m in reksprong-ongeluk
2011-04-02 17:09
Krugersdorp - 'n Vrou is ernstig in 'n reksprong-ongeluk by die Rant-en-Dal-oord in Krugersdorp beseer, het paramedici gesê.
Die vrou het van 'n hoogte afgespring, en in een of ander stadium tydens die sprong het die rek losgegaan of gebreek, het Jeff Wicks, 'n woordvoerder vir Netcare 911, gesê.
Die vrou het byna 20 m ver tot in 'n vlak stroompie geval.
"Haar bene het die grootste deel van die impak geabsorbeer en sy het ernstige been- en rugbeserings opgedoen," het Wicks gesê.
Sy is op die toneel behandel en gestabliseer, voor sy deur paramedici na 'n ambulans gedra is.
Die vrou is na die Netcare Krugersdorp-privaathospitaal geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA