Vrou beroof, ontvoer, verkrag
2010-07-11 16:03
Mpumalanga - 'n 22-jarige vrou is in Sun City Village, naby KwaMhlanga in Mpumalanga, beroof, ontvoer en verkrag deur drie mans, het polisie Sondag gesê.
Volgens Nonhlanhla Kgosana, 'n polisiewoordvoerder, het die vrou omstreeks 19:00 op Saterdag saam met haar 23-jarige vriend huis toe gestap toe hulle deur drie mans aangeval is.
Die mans, wat vuurwapens gedra het, het die paartjie na 'n verlate huis geneem.
"Die drie het beurte gemaak om die vrou te verkrag, terwyl haar vriend, sonder klere aan en met 'n vuurwapen op hom gerig, moes toekyk," het Kgosana gesê.
Hulle het daarna die paartjie se selfone gesteel en die vrou na 'n ander deel van die dorpie geneem, waar hulle voortgegaan het om haar die res van die nag te verkrag.
Hulle het haar om 11:00 Sondag vrygelaat.
"Die vrou is erg getraumatiseer en kan nie op die oomblik praat oor die plek waarheen sy geneem is nie," het Kgosana gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter