Vrou begrawe haar pasgebore baba
2011-11-07 18:56
Johannesburg – ‘n Vrou is in Orange Farm suid
van Johannesburg in hegtenis geneem nadat sy haar pasgebore baba lewend begrawe
het.
Die vrou (23) het in ‘n toilet
geboorte geskenk en die baba naby haar huis begrawe, het konstabel Shaan
Motsapi gesê.
Sy is by die polisie aangegee nadat sy ‘n
buurman vertel het dat sy ‘n miskraam gehad het.
Die baba se liggaam is gevind en die vrou is
in hegtenis geneem op aanklagte van moord en dat sy die geboorte van haar kind
probeer wegsteek het.
Sy sal Dinsdag in die landroshof in
Vereeniging verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA