Vrou, baba sterf in Midrand-ongeluk
2011-08-01 12:16
Johannesburg – ‘n Vrou en ‘n ses maande oue babadogter is Sondag dood toe hul motor herhaaldelik op die N1 naby die New Road-brug in Midrand gerol het, het paramedici gesê.
Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, sê twee ander mense het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen.
Wicks sê die voertuig het vermoedelik omgeslaan en verskeie kere gerol voordat dit teen ‘n betonversperring tot stilstand gekom het.
“’n Vrou en ‘n baba is uit die wrak geslinger toe dit gerol het,” het Wicks vertel.
Hy sê die vrou en baba se lyke is naby die wrak gevind. Beide het kritieke beserings opgedoen en is dood voordat die paramedici by die ongelukstoneel opgedaag het.
‘n Man en ‘n vrou is ernstig beseer in die ongeluk. Hulle is langs die pad gestabiliseer en per ambulans na die Tembisa-hospitaal en die Netcare Sunninghill-hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA