Vrou, baba glo met byl doodgeslaan
2010-02-15 23:29
Johannesburg - Die lyke van 'n vrou en haar vyf maande oue baba is op 'n oop stuk veld naby Benoni gevind ná hulle glo met 'n byl doodgeslaan is.
Kapt. Alfred Nakana, 'n polisiewoordvoerder, het gesê kinders wat op die veld gespeel het, het Sondag op dié lyke in die Lindelani-informele nedersetting afgekom.
Die polisie is op soek na die vrou se Mosambiekse minnaar.
"Ons vermoed dat die misdaad Saterdagaand plaasgevind het en ons bang dat haar kêrel landuit is," het Nakana gesê.
In 'n aparte voorval is 'n man in Daveyton, Benoni in hegtenis geneem ná hy 'n 17-jarige seun van sy selfoon beroof het.
– Sapa