Vrou (93) in haar huis vermoor
2011-12-12 15:52
Nelspruit – 'n Bejaarde vrou is in haar huis in Siyabuswa naby Marble Hall in Mpumalanga vermoor, het die polisie Maandag gesê.
Haar kleindogter het haar lyk omstreeks 09:00 Saterdagoggend in die bed gevind, het konst. Busi Mtshweni gesê.
"Die inbrekers het waarskynlik toegang tot die huis verkry nadat hulle 'n staalhek afgesny het."
Mtshweni het gesê die motief vir die misdaad was nie onmiddellik bekend nie, omdat niks uit die huis gesteel is nie.
Die vrou het saam met haar twee kleindogters in die huis gewoon en het ten tyde van die aanval geslaap.
'n Saak van moord word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA