Vrou (85) in spogbuurt vermoor
2009-12-07 14:51
Kaapstad - ’n 85-jarige vrou is dood in haar huis in Tokai, Kaapstad aangetref met haar keel wat afgesny is, het polisie gesê.
Supt. André Traut het gesê Elsa Brennan is dood in haar slaapkamer in haar huis in Foreststraat aangetref, omstreeks 19:00 Sondagaand.
“Daar was geen tekens van geforseerde ingang gevind nie en niks is uit die huis gesteel nie,” het Traut gesê.
Die motief vir die moord is steeds onbekend, en die polisie het nog geen verdagtes nie.
- Sapa