Vrou (67) in haar huis vermoor
2010-05-19 16:35
Johannesburg – ‘n 67-jarige vrou is Woensdagoggend deur rowers in haar huis in Mdantsane doodgesteek, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
“Die vrou en haar 34-jarige skoondogter het geslaap toe twee of drie verdagtes omstreeks 03:30 toegang tot die perseel verkry het,” het kapt. Mluleki Mbi, polisiewoordvoerder, gesê.
“Hulle het by die kamer ingekom waar die skoondogter geslaap het en verskeie juweliersware en ‘n selfoon gesteel. Sy het glo wakker geword en deur die venster geklim om hulp te ontbied,” het Mbi gesê.
Met haar terugkeer het die vrou op haar skoonma se lyk afgekom. Die skoonma is glo verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek. Die polisie is ontbied.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.