Vrou (61) verkrag, met mes aangeval
2011-12-16 18:03
Kaapstad – 'n 61-jarige vrou is deur 'n man, wat ook die slagoffer se huis afgebrand het, verkrag en met 'n mes in Mthatha in die Oos-Kaap aangeval.
Sy het in haar bed geslaap toe die man omstreeks 02:00 Vrydagoggend haar deur oopgebreek het, het lt.kol. Mzukisi Fatyela gesê.
"Die man het die vrou verkrag en haar verskeie kere met 'n mes in haar bolyf gesteek. Daarna het hy haar huis aan die brand gesteek en weggehardloop."
Die bure het emmers water gebruik om die vuur te blus. Sy is tans in 'n ernstige toestand in die hospitaal.
Die verdagte is steeds op vrye voet.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA