Vrou 6 dae lank in huis vasgebind

2010-02-18 09:56
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n 77-jarige vrou van Vanderbijlpark het wonderbaarlik oorleef nadat ’n rower haar aangerand en sy ses dae lank alleen vasgebind in haar huis gelê het.

Susan Grobler was erg ontwater toe Herman Leeuwner, ’n buurman, haar Woensdag omstreeks 05:00 vasgebind in haar slaapkamer ontdek het.

Hy was op pad werk toe en op die punt om in sy bakkie langs Grobler se huis te klim toe hy haar van binne desperaat by haarself hoor prewel het.

“Sy het met ’n sagte stem gesê: ‘As ek net my hande kan loskry, as ek net my hande kan loskry,’” het hy vertel.

Hy het twee ander buurvroue om hulp genader. Hulle het gaan kyk wat aangaan toe niemand antwoord op Grobler se selfoon kon kry nie.

Grobler is gewoonlik erg veiligheidsbewus, maar die voorhek het oopgestaan, sowel as die veiligheidshekke by haar voor- en agterdeur.

Binne die huis het Leeuwner haar op haar slaapkamermat gekry met haar hande agter haar rug vasgebind en haar voete met veters aan mekaar vas. “Haar voete was ook met ’n stuk tou aan haar spieëlkas vasgebind,” het hy vertel.

Nadat hy die toue losgesny het, het hy inderhaas die polisie en nooddienste se hulp ingeroep. Sy is per ambulans na die Sebokeng-hospitaal geneem.

’n Erg verswakte Grobler, haar gesig oortrek van pers kneuswonde, het vanuit haar hospitaalbed vertel sy het verlede Donderdagoggend hoender in die oond gaargemaak omdat haar dogter, Carla Oosthuizen, sou kom kuier.

Oosthuizen, wat sowat ses blokke van haar ma woon, het laat weet haar kleinkind is vir die dag by haar en sy sal nie kan kom nie.

Sy het beloof om vandag te kom kuier.

Kort daarna het Grobler haar vullissakke op die plaveisel buite haar huis gaan neersit toe ’n man met ’n skêr haar skielik aan haar arm gryp.

“Hy het my toe binnetoe gedwing en my ’n taai klap in die gesig gegee.”

Die man het aangedring op haar bankkaarte en gedreig om haar dood te maak.

Sy het kort daarna haar bewussyn verloor en kan slegs onthou hoe hy haar later weer deur die gesig geslaan het.

In ’n stadium het hy haar broekie uitgetrek en bo-op haar gaan sit, maar haar genadiglik nie verkrag nie, het sy gesê.

Later het hy haar hande en voete vasgebind en haar aan die spieëlkas vasgemaak.

“Ek het hom heeltyd gesmeek om asseblief net my hande en voete los te maak, maar hy het hom nie aan my gesteur nie.”

Ses dae lank het sy so gelê – stoksielalleen, en sonder kos, water óf haar chroniese hartmedikasie.

By Beeld se besoek Woensdag was die reuse-seerplekke aan haar bene waar haar eie urine haar naderhand gebrand het, duidelik sigbaar. Dit is ’n wonderwerk dat sy oorleef het, het Oosthuizen emosioneel gesê.

“Kan jy dínk? Ses dae lank so sonder kos en water? Ek glo dit is net God wat haar liggaam sterk gehou het.”

Insp. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, het gesê Grobler se juwele en bankkaarte word vermis.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

- Beeld

 

Lees meer oor: misdaad  |  bejaardes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.