Vrou (53) in huis doodgeskiet
2011-07-18 17:31
Oos-Kaap – 'n Vrou (53) is Maandag in haar huis in Mthatha in die Oos-Kaap doodgeskiet, het die polisie gesê.
Lt. kol. Mzukisi Fatyela het gesê twee mans het by die vrou se huis ingegaan, geld geëis en haar doodgeskiet. Die vrou is van R8 000 beroof.
'n Man (23) wat in die vrou se huis woon, is in die arm gewond en word in die hospitaal behandel.
Die polisie ondersoek 'n saak van moord en poging tot moord. Niemand is in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA