Vrou 15 keer met mes gesteek
2010-01-05 23:05
Johannesburg - ’n 47-jarige man is in hegtenis geneem na hy vermoedelik sy voormalige meisie 15 keer gesteek het, het die Sharpeville polisie gesê.
Volgens insp. Aubrey Moopeloa is die man Dinsdag na die vrou (32) se huis in Phelandaba, Sharpeville, na sy glo hul verhouding beëindig het.
“Hy het haar met ’n okapi mes oor haar hele lyf gesteek,” het Moopeloa gesê.
Hy is Dinsdagoggend om 08:00 gearresteer op ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die vrou is Dinsdagoggend in die hospital opgeneem, maar is later weer ontslaan.
-Sapa