Vriende kry meisie se lyk wat hang aan boom
2011-08-29 08:06
Johannesburg - Twee maatjies van ’n meisie (11) van Burgershoop in Krugersdorp het Sondagmiddag op haar lyk afgekom nadat sy haar in ’n boom in haar ouers se agterplaas opgehang het.
Ao. Odette van Staden, ’n polisiewoordvoerder, sê die tiener het glo vroeër die middag saam met haar suster (16) voor hul huis in Bothastraat met ’n tou gespeel.
Sy het glo gedreig om haarself om die lewe te bring.
Die meisie se suster het hul ma van die voorval vertel nadat die meisie ook in Junie gedreig het om selfmoord te pleeg.
Volgens Van Staden het twee van die meisie se maatjies omstreeks 17:00 op haar lyk afgekom.
“Hulle het aan haar getrek en haar probeer afhaal en toe sy nie reageer nie, het hulle haar pa geroep,” sê Van Staden.
Die kind se pa het haar lykie van die boom afgesny.
Die gesin kry berading.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Beeld