Vriende, familie vrees Shrien-selfmoord
2011-01-18 11:12
Kaapstad – Shrien Dewani, die Britse sakeman wat van die moord op sy vrou, Anni, verdink word, word 24 uur bewaak weens familie en vriende se vrese dat hy selfmoord kan pleeg.
Volgens berigte in die Britse Daily Star het familie gesê hy is niks soos die man wat was nie, en sê hy het 'n "dop van 'n man" en 'n "zombie" geword.
Pankaj Pandya, 'n familievriend, het gesê hy het baie gewig verloor en lyk soos 'n zombie.
"Die familie is bekommerd dat hy homself om die lewe kan bring."
As gevolg van dié bekommernis het die familie hom 24 uur onder streng bewaking geplaas by sy huis in Bristol waar hy ingevolge sy borgtogvoorwaardes moet bly tot die uitlewering afgehandel is.
Anni is in November in 'n beweerde beplande kaping in Guguletu buite Kaapstad doodgeskiet.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter