Vreugde toe baba en ouers herenig

2009-08-28 07:55
Tweets Share Share line Print

Maygene de Wee en Marlene Neethling

Kaapstad - “Siphesihle (mooi geskenk) is wat ek nou ons babaseun gaan noem,” het Vuyisa Mgqada, pa van die ontvoerde baba, ook bekend as baba BZ Ncumani, gister gesê toe hy sy seun in sy arms gehou het.

Baba BZ is gistermiddag met sy ma, Zimkhitha Ncumani, en pa herenig nadat die polisie hom Dinsdagaand by die huis van ’n 31-jarige vrou, Bulelwa Xesa, opgespoor het.

Talle bure, vriende en familielede het buite die Ncumani-huis saamgedrom in afwagting op die ontvoerde baba se aankoms.

DNS-toetse is Woensdag op die kleintjie gedoen en die uitslae is gistermiddag bekend gemaak.

Nadat die DNS-toetse gewys het die baba is wel Ncumani se kind, het die polisie die ma by die huis gaan haal om haar kind aan haar te gee.

Die baba is op 24 Julie uit die kraamafdeling van die Tygerberg-hospitaal ontvoer nadat Ncumani weens komplikasies tydens die geboorte in ’n koma gegaan het. Hy was toe twee weke oud.

Sy het twee weke gelede haar bewussyn herwin en is oor die ontvoering ingelig. Gister het sy aan die media gesê sy is verheug dat haar kind terug is. “Nou wil ek hom net veilig hou en kerk toe gaan om die Vader te dank.”

Mgqada het gesê hy was aanvanklik kwaad vir die hospitaal en sy personeellede nadat hul baba ontvoer is. “Dit was ’n plek waar ons kind veilig gehou moes word,” het hy gesê.

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het gesê die hele stad is saam met die familie en die Delft-gemeenskap bly dat die kindjie teruggevind is.

Siphesihle se vermeende ontvoerder het gister in die Bellville-landdroshof op ’n aanklag van kinderontvoering verskyn.

Die baba is deur die polisie opgespoor nadat ’n lid van die publiek hulle ingelig het van ’n baba by ’n vrou wat nooit swanger was nie.

- Die Burger

Lees meer oor: vermiste kinders

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.