Vragskip se enjinkamer brand aan Weskus
2010-10-08 17:29
Kaapstad - 'n Vragskip is in die moeilikheid 27 seemyl van St. Helenabaai af aan die Weskus, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Die NSRI sê 'n brand het in die enjinkamer uitgebreek en is buite beheer. Die 21 bemanningslede is egter veilig.
Craig Lambinon, 'n woordvoerder van die NSRI, sê die bemanning is gereed om die skip te verlaat indien dit nodig sou wees. Twee skepe in die omgewing is ook gereed om te help.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter