Vragmotor val op man
2010-05-19 15:36
Johannesburg – ‘n Man van Durban het Woensdag gesterf toe die vragmotor wat hy bestuur het omgeslaan en hom vermorsel het, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Volgens Derrick Banks, ER24-woordvoerder, was die man besig om gruis af te laai in Riddickweg, Reservoir Hills toe die vragmotor omgeslaan het.
“Die bestuurder het sy deur oopgemaak en uitgespring maar die vragmotor het bo-op hom te lande gekom. Hy sou sekerlik nog gelewe het as hy net in die vragmotor gebly het,” het Banks gesê.
Die man, in sy laat twintigs, het erge hoof- en nekbeserings opgedoen en op die toneel gesterf.
Riddickweg was tydelik vir verkeer gesluit.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.