Vragmotor ry voetganger op snelweg dood
2011-06-01 12:53
Johannesburg – ‘n Voetganger is dood toe ‘n vragmotor hom op die N3 in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, getref het, het ER24 Woensdag gesê.
Volgens Derrick Banks, ‘n woordvoerder, is die man Dinsdagaand om 19:00 deur ‘n vragmotor raakgery toe die man oor die snelweg geloop het.
Die voetganger se lyk is sowat 100 m van die pad af gevind.
Die vragmotor, wat probeer het om uit te swaai, het gerol en langs die pad tot stilstand gekom.
Die bestuurder van die vragmotor is ernstig beseer en is na die Medi-Clinic in Pietermaritzburg geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA