Vragmotor ry voetganger dood op N2
2012-01-16 15:06
Johannesburg – ‘n Vrou het gesterf en ‘n man is ernstig beseer toe ‘n vragmotor hulle op die N2 by George raakgery het, het paramedici gesê.
Volgens André Visser, ‘n woordvoerder vir ER24, het die ongeluk Maandagoggend gebeur toe die voetgangers die snelweg wou oorsteek.
Die vrou, vermoedelik in haar 30’s, het verskeie ernstige beserings opgedoen en is later op die toneel dood verklaar, het Visser in ‘n verklaring gesê.
Die 37-jarige manlike voetganger het glo sy heup gebreek en diep snye aan beide sy bene opgedoen.
Hy is op die toneel gestabiliseer en na die George- provinsiale hospitaal geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA