Vragmotor rol, dood bestuurder
2011-11-12 20:28
Johannesburg – ‘n
Vragmotorbestuurder is dood toe hy Saterdag op die R501 tussen Carltonville en
Potchefstroom beheer van sy voertuig verloor het, het paramedici gesê.
“Die bestuurder
het beheer verloor, van die pad af gery en in klippe vasgerol,” het Derrick
Banks, ‘n woordvoerder van ER24, gesê.
Mediese personeel
het die vragmotor onderstebo gevind en die kajuit was erg beskadig.
Hulle kon nie by
die bestuurder uitkom totdat die brandweer met die nodige toerusting opgedaag
het nie.
Die man is op die toneel dood.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
- SAPA