Vragmotor brand op N3
2011-12-08 11:06
Johannesburg – Verkeer op die N3-Noord naby die Marlboro-afrit is Donderdagoggend erg ontwrig nadat 'n vragmotor op die hoofweg aan die brand geslaan het, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
"Die brandweer is steeds op die toneel. Dit is nogal 'n groot brand," het insp. Edna Mamonyane, woordvoerder, gesê.
Twee bane is vir verkeer gesluit.
Hoofsupt. Wayne Minnaar het omstreeks 09:00 gesê die vragmotor ontwrig steeds die verkeer.
Die brand is geblus, maar motoriste is aangeraai om die M1 of M2 te gebruik.
Die oorsaak van die brand sal ondersoek word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA