Vragmotor brand naby OR Tambo
2011-12-01 15:55
Johannesburg – Die R21-Noord naby die OR Tambo Internasionale Lughawe buite Johannesburg is tydelik gesluit nadat 'n vragmotor aan die brand geslaan het.
Brandweermanne was teen 12:00 Donderdagmiddag steeds besig om die brand te blus, het Mveli Nhlapo, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, gesê.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
"Die bestuurder kon daarin slaag om uit die voertuig te spring," het Nhlapo gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA